Hoekom ek nooit my kinders in 'n Afrikaanse skool sal sit nie

En dit het niks met die taal te doen nie.

Ek wil graag eendag my kinders Afrikaans grootmaak. Ek weet al ek gaan nie regtig 'n keuse hê nie – as ek nou ‘n baba optel kom die mamma-weergawe van myself uit, en sy’s Afrikaans. Maar ek weet ook al hulle maatjies en later vriende en later partners en later moontlik spouses en ja, let’s go there, my kleinkinders, gaan in alle waarskynlikheid Engels wees. En sure, dis 'n effens vreemde gedagte dat die toekomstige Hofmeyr-nageslag die “o” in hulle voorvaders se van anders gaan uitspreek, but what are you gonna do? Ek wil nie aan hulle hoef te verduidelik dat swartmense nie minderwaardig is nie. Ek wil hê hulle moet self oortuig wees daarvan, weens hulle eie ervarings. En jammer, maar dit gaan nie gebeur as hulle in Afrikaanse skole is nie.

Ek ken 'n sewejarige dogtertjie, kom ons noem haar Lila (blykbaar die mees populêre dogtertjienaam onder Afrikaners op die oomblik wat nogal vreemd is considering lila is letterlik die woord vir ‘pers’ in Duits, maar anyway). Haar ouers is slim, jong, with-it, politically correct Afrikaanse mense. Eendag sê sy uit die bloute vir my dat wit mense “die beste” is. Stomgeslaan vra ek haar waar hierdie sentiment vandaan kom. Op daardie stadium was sy nog net ses, en haar age-appropriate antwoord was, “Want hulle is.” Ek het geweet hierdie nuwe politiese oortuiging kon nie van haar ouers af kom nie, which got me thinking dat dit op die speelgrond gekweek was. My suspicions were confirmed toe ek ‘n rukkie later uitgenooi is na ‘n funksie by haar skool. En nee, daar is op hierdie spesifieke aand geen politieke oortuigings onder die graad 1’s na vore gebring nie, maar dit was duidelik dat die ethnic composition van Lila se skool nie tot enige ander conclusions oor witmense kon lei nie. Want raai raai hoeveel swart maatjies was by hierdie laerskool se kenmekaar-braai?

Die rede hoekom sewejarige Lila dink witmense is beter as swartmense is nie omdat haar ouers dit vir haar sê nie (maar as hulle het sou dit sekerlik nie gehelp het nie). Dis omdat haar alledaagse ervarings niks lewer wat daardie sentiment challenge nie. Die enigste swart persoon wie sy al ooit geken het is hulle huishulp. Haar ouers kan vir haar sê swart- en witmense is dieselfde tot hulle blou is in die gesig, maar as die enigste swart persoon wie jy ken vir jou ouers werk as ‘n huishulp dan gaan dit bitter moeilik wees om hulle te glo.

Ek sal nooit my kind in 'n Afrikaanse skool sit nie omdat Afrikaanse skole tot ‘n groot mate die oorsaak is van rassisme onder jongmense in Suid-Afrika, mense wie gebore is ná die val van apartheid en/of geen herinneringe het van 'n tyd toe alle aspekte van wit Suid-Afrikaners se lewens vir hulle gesê het hulle is superior tot ander rassegroepe nie. Rassisme kom van die vrees van andersheid, en wat kweek vrees beter as onkunde? As jy jou kinders in 'n skool sit waar almal soos hulle lyk doen jy hulle ‘n ongelooflike onreg aan. Want na twaalf jaar van omring wees deur mense wie net soos hulle is gaan hulle (hopelik) universiteit toe gaan, en daar gaan hulle (hopelik) besef dat swartmense nie net huishulpe word nie. Hulle hele worldview gaan inmekaarsak wanneer ‘n swart persoon beter doen as hulle in ‘n toets. Hulle gaan uitfreak wanneer daar (hopelik) ‘n swartmeisie langs hulle in die koshuis intrek, of here help ons, saam met hulle ‘n kamer moet deel. Dis nou as jy (en hulle) gelukkig is. Indien nie, gaan hierdie goed gebeur wanneer hulle aansoek doen vir 'n werk en ‘n swart persoon kry dit bo hulle – en nie omdat hulle swart is nie, maar omdat hulle meer gekwalifiseerd vir die werk is. Of wanneer hulle saam met 'n swart kollega moet werk en hulle besef alles wat hulle nog ooit gedink het oor swartmense is nie waar nie.

Natuurlik is Afrikaans as taal nie te blameer vir die rassisme wat gekweek word in Afrikaanse skole nie, maar ongelukkig is dit die geval dat Afrikaanse skole geisoleerd is van die res van die Suid-Afrikaanse samelewing. Hierdie isolasie veroorsaak ‘n groot agterstand in die kinders wat hierdie skole bywoon in terme van hulle vermoë om mense wat anders is as hulle te verstaan. 

I’ve seen grown men cry – oor hoe hulle hulle hele lewe lank al vooroordele oor mense van ander rasse gehad het, en dan besef hoe verkeerd hulle was, hoe baie hulle op uitgemis het, en hoe uitgesluit hulle is van die moontlikheid van ‘n inklusiewe Suid-Afrika as gevolg daarvan.

Ek wil nie dit vir my kinders hê nie.

Heleen Hofmeyr